
Vlakvark
Stainless steel mik en hout handvatsel met 'n natuurlike greep. Kom met 2 spaar rekke en 200 gram staal balletjies.
Ketties, rubberbande, ammunisie en ander bykomstighede — alles op een plek. Handgekies vir die jagveld, die plaas en die agterplaas. Ons stuur regoor Suid-Afrika.

Van die eenvoudige stel tot die vol pakket met alles bymekaar — ons het dit wat jy nodig het om akkuraat te skiet en dit te geniet. Stuur ons 'n boodskap op WhatsApp met wat jy soek, en ons help jou graag verder.

Stainless steel mik en hout handvatsel met 'n natuurlike greep. Kom met 2 spaar rekke en 200 gram staal balletjies.

Pienk ABS (plastic moulded) kettie 200 gram 8 mm staal balletjies en 200 gram klei balletjies met 3 spaar rekke.

Hierdie is 'n kettie met 'n wye 105 mm vurk, gebou vir manne met groot hande. Hierdie is 'n Chinese weergawe van 'n bekende Amerikaanse kettie.

'n Pragstuk - dis n moet hê! 'n Geskenk van Pa aan Pa. 2 spaar rekke en 200 gram staal balletjies ingesluit.

Die vol pakket: Pro-katapult met verstelbare vurk, twee stelle bande, 500 staalkoeëls en 'n leer sakkie. Alles wat jy nodig het om te begin.

Hierdie kettie kom in vier verskillende kleure - Rooi, Blou, Geel en Swart. Hy het ook n laser in die pakkie wat die jong manne kan help om die kettie skiet te bemeester. Daar is 2 spaar rekke en 200 gram klei balletjies in die pakket.

Kettie kunsleer spinner teikens. Die stel teikens dek al die gewilde groottes van 8cm tot 2cm.

10mm wit klei ammo. Hierdie ammo is baie mooi rond en die groottes is baie mooi konsekwent. Die ammo kan met 'n magneet opgetel of vasgehou word.

Pit velletjies 42 mm of 46mm.

Swart pit velletjies 42 mm of 46mm.

Precise rek vir ketties: 0.55mm / 0.6mm / 0.65mm dik - 2 meter x 150 mm rol.

Silinxiate rek vir ketties: 0.45mm / 0.5mm dik - 2 meter x 150 mm.

Jinpu rek vir ketties: 0.5mm dik - 2 meter x 150mm wyd.

Taper lineaal om jou eie rekke se tapers te kan sny volgens jou eie behoeftes.

Egte leer velletjie met paracord toutjies.
Nie seker wat jy alles benodig nie? Stuur ons 'n boodskap op WhatsApp - ons help graag. Kontak ons ook indien jy iets soek wat jy nie hier sien nie, dan stuur ons vir jou ons volledige produk katalogus.
Die Vlakvark se rondloop planne: skietdae, markte en byeenkomste waar jy ons ketties en bykomstighede in die hand kan vat, self uitprobeer en kettie skiet sommer net kan geniet saam met ons!

Kom skiet saam by die Pretoria Boeremark. Vir kinders van 5 tot 105 jaar oud! Teikens word opgestel, ketties, ammunisie en ander bybehore is te koop en daar is gereeld pryse vir deelname tydens die betrokke die dag.

Die Bieliemieliefees het homself reeds gevestig as een van die grootste en gewildste landbou- en familiefeeste in die land. Dis nie om dowe neute dat daar jaarliks sowat 12 000 + mense saam hier kom fees hou nie. Vlakvark Ketties is natuurlik daar om kettie-genot te verskaf aan groot en klein! Met van potjiekos-, sterkman-, woldra- en slaglamkompetisies tot aktiwiteite soos toutrek, skattejag op die terrein en Bulletjie-rugby en netbal, is daar meer as genoeg om almal bedrywig te hou. Die kleinspan kan aan ’n verskeidenheid diere kom vat en vryf in die “petting zoo”, kameel en stampkarre ry, verborge skatte soek, in die pretpark gaan rondswaai, en nog vele meer - dis nou so tussien die kettie skiet deur!

'n Eerste in Suid-Afrika! Natuurlik is die Vlakvark ook daar. Die Piet Retief Kettie-Fees word aangebied op 'n kampterrein op die plaas, langs die rivier. Kom geniet die dag saam met ons - daar is 'n verskeidenheid unieke kettie-aktiwiteite waaraan almal kan deelneem. Kom ontmoet die skimme van die WhatsApp groepe in persoon! En vir diegene wat wil, kan daar gekamp word op dieselfde terrein. Verdere details en kontakbesonderhede sal gedeel word nader aan die tyd - MAAR MERK HIERDIE NAWEEK en maak seker dat jy dit nie mis nie!

Details aangaande die Vlakvark se toekomstige rondloop-planne sal verskaf word sodra dit beskikbaar is.

Details aangaande die Vlakvark se toekomstige rondloop-planne sal verskaf word sodra dit beskikbaar is.

Details aangaande die Vlakvark se toekomstige rondloop-planne sal verskaf word sodra dit beskikbaar is.
Wil jy by een van die geleenthede wees? Stuur ons 'n boodskap op WhatsApp en ons hou 'n plek vir jou.
'n Kykie na die ketties, rekke, ammunisie en ander bybehore wat ons beskikbaar het — en die mense wat dit daagliks gebruik.


















Terugvoer van mense wat ons ketties en bybehore gebruik.
Het jy al ons ketties gebruik of produkte by ons gekoop? Stuur jou terugvoer aan ons op WhatsApp en ons plaas dit hier.
Die Sniper - uiters gewilde kettie van Vlakvark Ketties
Geen beskrywing
Geen beskrywing
TBD
Stuur ons 'n boodskap op WhatsApp met wat jy soek, en ons help jou graag verder.
Klik die groen knoppie regs onder en stuur vir ons 'n boodskap. Ons help jou graag met enige vraag oor ons ketties en bykomstighede.
Ons is enige tyd op WhatsApp beskikbaar